Moody
Art Gallery
Shop
Splinternuwe boeke

BESPREEK DIE BLOU HOND teater-restaurant VIR JOU FUNKSIE.

ENGLISH PAGE

Philip Moolman, Susan Coetzer & Die Blou Hond 011 782 4240 / 0827741399

VENUE EN KOSTES: “S.P.C.A.-Special” : R275 p.p.)

* 100 "stertplekke" is beskikbaar by houttafels en houtstoele in die sit / eet / kaggelkamer van die woning

* 2 Ruim stoepe en 'n groot tuin is beskikbaar vir buite kuier + gesels tussen geregte / vertonings

* Ons verskaf 3-gang middag of aandetes, met vermaak deur top S.A kunstenaars soos Chris Chameleon, Arno Carstens, Karen Zoid, Koos Kombuis, Jak de Priester, Philip Moolman, Coenie de Villiers, Mathys Roets, Wonderboom, Klopjag, Jan Blohm en vele meer.

* Ons bied geen refunds vir kansellasies aan tensy ons 'n show gekanselleer het nie!!!

* 'n Verhoog, mikrofoon en beligting is beskikbaar vir toesprake asook 'n groot skerm vir audio-visuele projeksies.

* Ons is oop: Maandae tot Saterdae (middag en aand). Besprekings is noodsaaklik, aangesien ons dikwels maande vooruit volbespreek is.

* Reune, tewe en werpsels is welkom.

Verskeie "show"- opsies, deur "huishond" PHILIP MOOLMAN:
1) Golden Oldies (Afr. & Eng.)
2) Die Neil Diamond Tribute
3) Philip & "Vriende"
4) Philip se eie : MOSES 5 VERS 3 - MOENIE WORRY NIE -  "feel good"-show, met eie komposisies in Afrikaans & Engels
5) Jou eie versoeke
6) `n Kombinasie van bogenoemde...
Meer oor "PHILIP & VRIENDE" :
Philip verwelkom sy "gaskunstenaars" op die verhoog en doen vokale gimnastiek wat beide Afrikaanse en Engelse gehore na hulle asems laat snak; met nabootsings van kunstenaars, soos Nataniël, Steve Hofmeyer, Dozi, Johan Stemmet, Theuns Jordaan, Karen Zoid, Anton Goosen, Coenie de Villiers, Sonja Herhold, Amanda Strydom, Bles Bridges, Anneli van Rooyen, Koos Kombuis, Chris Chameleon, Gé Korsten, Casper de Vries, David Kramer, Tina Turner, Julio Iglesias, John Denver, Pavarotti, The Bee Gee's en meer...
"Philip & Vriende" is 'n baie veelsydige show wat 'n wye verskeidenheid (Afrikaanse en Engelse) gehore laat rol soos hulle lag, asook romanties en geestelik inspireer.
Meer oor die Neil Diamond Tribute :
Afrikaanse en Engelse gehore wat "Hot August Night" bygewoon het, se cliche-kommentaar is, dat Philip Moolman "meer soos Neil Diamond klink, as Neil Diamond self".

Om te bespreek, "Blaf"/ "Tjank". of "E-poot" vir ons by: 011 782 4240 / info@blouhond.co.za / www.blouhond.co.za

 

A Place of Hearts
SUSAN COETZER SE SPLINTERNUWE STILWORD TEETUIN - 'n projek wat sy al lank in haar hart ronddra
BLOU HOND VERBLYF
VERBLYF NABY DIE BLOU HOND en
WEGBREEK
VERBLYF
SOETGOED VIR DIE SIEL
Op hierdie webwerf wil ek graag hoor van jou blydskap en jou pyn. Ek wil hê ons moet mekaar ondersteun...

Ontvang die warmste nuus
van
die Blou Hond

Receive free Newsletters

 

Voelgoed

Kalender vir Optredes / Events Calendar

Om te bespreek, skakel ons (eerder as E-pos) by 011 7824240 / 0827741399. Telefoniese besprekings word vinniger verwerk, aangesien ons dikwels op die pad is; so ons beveel aan dat jy vir ons "blaf", eerder as "E-Poot.").

FEBRUARIE – VALENTYNSMAAND


Philip Moolman met sy romantiese en tong in die kies-vrolike Valenynsmaandkonsert: "VUURWARM" ALLE DATUMS, Dinsdae - Saterdae… behalwe:


Wo. 22 Feb. – ELVIS BLUE


Do. 23 Feb. – ELVIS BLUE


Vr. 24 Feb. - Philip Moolman: "VUURWARM."


Sa. 25 Feb. - Philip Moolman: "VUURWARM."


Wo. 29 Feb. - JAK DE PRIESTER

 

MAART/March


Do. 8 Maart - ANTON GOOSEN


Wo. 14 Maart - RADIO KALAHARI ORKES


Sa. 17 Maart - HELENE BESTER


Sa. 31 Maart - CHRIS CHAMELEON


Sa. 14 April - MATHYS ROETS


Do. 19 April - ARNO CARSTENS


Vr. 20 April - ARNO CARSTENS


Vr. 4 Mei - ANTON GOOSEN


Do. 10 Mei - VALIANT SWART


Vr. 25 Mei - JAN BLOHM

-----------------------------------------------------
ALLE ANDER DATUMS
- wat nie hierbo genoem is nie -
IS OOK BESKIKBAAR, VIR JOU VERJAARDAG / FUNKSIE

(van nou tot 15 Des. 2012)
Dinsdae - Saterdae; oggend, middag & aand, met


PHILIP MOOLMAN

wat die show van JOU keuse sal doen.

(Plaas jou EIE stempel op die belewenis -  d.m.v. jou EIE versoeke.)

 

 

 

 

 

 

 

Interessante "Links"