Welkom by Die Blou Hond se web kennels


VENUE EN KOSTES:
* 100 "stertplekke" is beskikbaar by houttafels en houtstoele in die sit / eet / kaggelkamer van die woning
* 2 Ruim stoepe en 'n groot tuin is beskikbaar vir buite kuier + gesels tussen geregte / vertonings
* Ons verskaf 3-gang middag of aandetes, met vermaak deur top S.A kunstenaars soos Chris Chameleon, Arno Carstens, Karen Zoid, Koos Kombuis, Jak de Priester, Philip Moolman, Coenie de Villiers, Mathys Roets, Wonderboom, Klopjag, Jan Blohm en vele meer.
* Ons bied geen refunds vir kansellasies aan tensy ons 'n show gekanselleer het nie!!!
GLAS BREEK = R10 per glas
* 'n Verhoog, mikrofoon en beligting is beskikbaar vir toesprake asook 'n groot skerm vir audio-visuele projeksies.
* Ons is oop: Maandae tot Saterdae (middag en aand). Besprekings is noodsaaklik, aangesien ons dikwels maande vooruit volbespreek is.
* Reune, tewe en werpsels is welkom.

VIR EKSKLUSIEWE BESPREKINGS: R200 x 100 gaste = R20 000: Dit is hoeveel dit kan kos, om slegs 'n kunstenaar en sy / haar klankingeneur te bespreek, vir 'n funksie, voordat kos, venue-huur ens. ter sprake kom. By die Blou Hond sluit die R175 p.p die verhoog, klank en beligting, die venue, die kos, die kunstenaar (alles) in. (S.P.C.A.- prys inderdaad!)
* DIE "BYTKAART" (Middag en aandetes): Voorgereg: 2 keuses: heerlike tuisgemaakte soppe, (waarvan 1 vegetaries is) met Franse brood. Hoofgereg: 3 keuses (een rooivleis, een witvleis en een vegetariese dis) Nagereg: Wat ook-al Susan op die dag besluit om vars voor te berei. Slaaie: Opsioneel beskikbaar van die "bytkaart" af.
*** DATUMS: ENIGE DATUM (JANUARIE - DESEMBER) MAANDAE TOT SATERDAE, VIR OGGEND, MIDDAG EN AANDFUNKSIES, met die show / kunstenaar van jou keuse - indien beskikbaar.
“Hoe maak ek? Besprekings is NOODSAAKLIK en ons is gewoonlik redelik vroegtydig volbespreek, veral met die gewilde kunstenaars wat deur ons hondehok jaag. Blaf vinnig om jou plekkie te bespreek - 011 782 4240 / 082 774 1399 of e-poot ons.