Boek jou stertplek by Die Blou Hond
Booking page

Die Blou Hond

Restaurant en teater van Philip Moolman & Susan Coetzer

    Hier kan jy info kry oor vertonings en dan ook die nodige info kry om vir jouself 'n stertplekkie te bespreek as jy wil kom saamblaf of tjank. Indien jy wil bespreek vir enige van die vertonings kan jy vir ons 'n e-poot gooi of andersins tel:  (011) 782 4240 / 082 774 1399. Lig jou been teen ons oor en bespreek stertplek by Die Blou Hond! Ons manjifantastiese kuiersessies skop gewoonlik af teen 18:00 vir 18:30. Kaartjiepryse [R200 - R250 p.p.] vir al die vertonings sluit 'n driegang-maaltyd in.

    Die Puppy het nou groot geword want ons het nou ons drank lisensie gekry. Slegs wyn kan saamgebring word, ons vra 'n skamele kurkfooi van R35 per bottel.

    Ons vra wel dat julle binne perke sal suip. Dis nou Die Blou Hond vir jou - proud supporters van 'Arrive Alive' :-) Die bytkaart is deesdae lekker omvattend, met keuses vir die voor- en hoofgereg, maar Susan se hand is steeds in die kospotte te sien - ons vreet TE lekker hier (kyk na Philip se burgeoning boepie as jy ons nie glo nie!)

    Info vir besprekings:

    “Hoe maak ek? Besprekings is NOODSAAKLIK en ons is gewoonlik redelik vroegtydig volbespreek, veral met die gewilde kunstenaars wat deur ons hondehok jaag. Blaf vinnig om jou plekkie te bespreek - 011 782 4240 / 082 774 1399 of e-poot ons.

    NB: Sodra jy bevestig het dat daar vir jou losloper stert op ons werf plek is, gooi jy jou murgbene in ons bankrekening:

    • ABSA Northcliff; Taknommer 33 47 05 Tjekrekeningnr. 406 335 7454. Rekeninghouer: Die Blou Hond
    • NB!!! Daarna stuur jy vir ons 'n e-poot met jou bewys van betaling na info@blouhond.co.za, of faks die depositostrokie na 086 611 8137; of sms ons met bevestiging by 082 774 1399. So maklik soos val uit 'n boom. Eers moet jy net die boom bestyg. Verbeel jou daar is 'n Rottweiler agter jou gat aan - met vreeslike tande!
    • Ons kan nou OOK betalings per kredietkaart hanteer. Skakel ons asseblief vir meer inligting hieroor