Boek jou stertplek by Die Blou Hond
Booking page

Die Blou Hond

Restaurant en teater van Philip Moolman & Susan Coetzer

Susan Coetzer: 
optredes, boeke, blogs. video's en ander nuus.

*** HOT AUGUST NIGHT ***

@

DIE BLOU HOND

- met -

NEIL DIAMOND, MATHYS ROETS, NAVIREDD, RADIO KALAHARI ORKES, KLOPJAG, KOOS KOMBUIS, ZINKPLAAT, PHILIP MOOLMAN, JAK DE PRIESTER...asook ORYAN WINTER (Shell Road To Fame-Ster) en MICKY VAN WYK met immergroen treffers...

"BLAF" EN BESPREEK NOU AL , VIR JOU "EINDE VAN DIE JAAR FUNKSIE."

OKT./NOV./DES.-DATUMS WORD NOU AL REEDS OPGERAAP,

DEUR SKOLE, VERJAARDAE, KORPORATIEWE FUNKSIES & KANTOORPARTYTJIES.

*** Sien volledige show-lys vir AUGUSTUS - DESEMBER 2010 hieronder ***

"Blaf" of "E-Poot" spoedig vir ons. Baie Okt./Nov./Des.-datums word maande vooruit reeds volbespreek.

Philip & Susan

0827741399 / 0117824240 / info@blouhond.co.za / www.blouhond.co.za

N.S. (`n Kombinasie van die ondergenoemde "tjank"-opsies, deur die residensiele "hoofhond" Philip Moolman is gewoonlik `n treffer, by funksies.)

1) Golden Oldies (Afr. & Eng.)

2) Sy baie gewilde Neil Diamond Tribute (Uitstekend.)

3) Philip Moolman & "Vriende" (Baie grappig.)

4) Saamsing-liedjies uit die F.A.K. (Vet pret.)

5) Philip se eie komposisies (Afr. & Eng.)

6) Jou eie versoeke

7) `n Kombinasie van bogenoemde...

Meer oor die PHILIP MOOLMAN & "VRIENDE"-show :

Philip verwelkom sy "gaskunstenaars" op die verhoog en doen vokale gimnastiek wat beide Afrikaanse en Engelse gehore na hulle asems laat snak; met nabootsings van kunstenaars, soos Nataniël, Steve Hofmeyer, Dozi, Johan Stemmet, Theuns Jordaan, Karen Zoid, Anton Goosen, Coenie de Villiers, Sonja Herhold, Amanda Strydom, Bles Bridges, Anneli van Rooyen, Koos Kombuis, Chris Chameleon, Gé Korsten, Casper de Vries, David Kramer, Tina Turner, Julio Iglesias, John Denver, Pavarotti, The Bee Gee's en meer...

Die vertoning sluit ook Philip se eie komposisies in; asook ander bekende Afrikaanse en Engelse treffers. (Die show kan beskryf word as romanties, sexy, smaakvol, grappig, asook geestelik inspirerend.)

"Philip & Vriende" is 'n baie veelsydige show wat 'n wye verskeidenheid (Afrikanse en Engelse) gehore laat rol soos hulle lag, asook romanties en geestelik inspireer.

Meer oor die Neil Diamond Tribute :

Philip Moolman se "Diamonds Are Forever" word (deur beide die pers en die publiek) as een van die beste "Neil Diamond Tributes" - plaaslik of oorsee - beskou.

Vir die afgelope 8 jaar trek hierdie vertoning volhuise by Die Blou Hond teater restaurant, in Linden . Dit word elke jaar in Aug. aangebied en word dan "Hot August Night" genoem. Die show word dikwels verleng tot in September, as gevolg van volgehoue publieke aanvraag. Dan verander die show se naam na "September Morn."

Afrikaanse en Engelse gehore wat hierdie vertoning al bygewoon het, se cliche-kommentaar is, dat Philip Moolman "meer soos Neil Diamond klink, as Neil Diamond self".

Ons sien uit, om jou te bederf.

Bel, of E-pos ons spoedig.

Beste wense.

Philip Moolman, Susan Coetzer & Die Blou Hond

0117824240 / 0827741399 / info@blouhond.co.za / www.blouhond.co.za

(woef!)

x

 

BESPREEK DIE BLOU HOND, VIR U
2010 - JAAREINDE-FUNKSIE

N.B: Okt.-/Nov.-/Des.-datums word dikwels maande vooruit opgeraap, deur verjaardae en maatskappy-funksies. "Blaf" of "E-Poot" dus spoedig vir ons; sodat ons iets spesiaal, rondom u spesifieke musieksmake en kosvoorkeure kan beplan .

ALLE ANDER DATUMS, van nou, tot 18 Desember (wat nie hieronder genoem word nie) IS OOK BESKIKBAAR, vir u verjaardag / kantoorfunksie, met SUSAN COETZER & PHILIP MOOLMAN wat die kos en konsert van U keuse sal voorberei - vir oggend, middag of aandete-vertonings.

Beste wense.
Philip Moolman, Susan Coetzer & Die Blou Hond

 

011 782 4240 / 082 774 1399 / info@blouhond.co.za / www.blouhond.co.za

 

"BARK" and book now, or forever hold your "fleas."  (Whoef!)

 

View Artworks