WORLD-CLASS SHOWS AND ENTERTAINMENT

~ Prepare to be Entertained ~

  • Riaan Benadé - Junie '24
  • Riaan Benadé - Junie '24
  • Riaan Benadé - Junie '24
  • Riaan Benadé - Junie '24

Riaan Benadé - Junie '24

Riaan Benadé & de Bende

 
Riaan Benadé & de Bende

Daar heers ‘n feestelike atmosfeer in die teater vanaand. Le-chelle is vanaand die seremoniemeester & handel die verwelkoming, aankondigings & verjaarsdagwense af. Sy verwelkom ook vir Alouise as voorprogram kunstenaar. Alouise deel van haar eie komposisies: ‘Die koppie koffie’, ‘Teen hierdie tyd’, ‘Ek dagdroom terug’ & ‘Onderste Bo’. Riaan Benadé & de Bende begin die jolyt met ‘’Sy’t Lyf’ & ‘Lieg vir my’. Dan groet hy die gehoor & sê dis altyd lekker om hier partytjie te hou. Hy noem die Blou Hond "die huis van Riaan Benadé se loopbaan" nadat hy hier geopen het vir Demi 4 jaar gelede. Ses maande later was hy midde-in die kollig. Riaan sê dat hy bevooregd is om sy Skepper te ken, sy droom te kan uitleef & dat hy in Julie vir die 2de keer pa word. ‘Droom’, ‘Keeza’, ‘Gooi nog ‘n Whiskey’ & ‘Die Lot’ word geweef met stories oor sy oupa, pa & die dae toe hy nog net in kroeë opgetree het. Na 3 & ‘n halwe jaar wat die 3 manne saam optree, kan mens sien hoe hulle hulself geniet: Leon J van Rensburg op baskitaar & Leeroy Sauls op dromme & ‘vocals’. ‘Leuenaar’, ‘Boksemdais’, ‘Haai haai’ (wat hy saam met Ricus Nel opgeneem het), ‘Hemel & Hel’ (opgeneem saam met Demi Lee), ‘Rowwe Bliksem’ (opgeneem saam met Jay), ‘Spontaan’ & ‘Bosveldterapie’ is alles deel van sy program vanaand. ‘Lucky Strike’ het vir hom ‘n kontrak as liedjieskrywer by ‘n bekende platemaatskappy laat kry. Tussendeur ‘I’m on Fire’ & ‘Proud Mary’ bedank hy sy span & die gehoor. ‘Stoom’ is sy splinternuwe enkelsnit & dan sluit hulle af met ‘Vat ‘n bietjie’. Dankie aan Renault Menlyn vir hul volgehoue ondersteuning. Volg hulle, sowel as al die kunstenaars, Die Blou Hond, Casa Toscana Lodge, LeSi restaurant & Sensi Spa op alle sosiale media platforms. Blog: Marné de Kock Foto's: @Ezetna Olivier Photography

**Copyright - Marné de Kock **
** Photos - Ezetna Photography **

14 Junie 2024