Anton Goosen
Anton Goosen 22 Augustus 2024
‘Sirkels’ Die Liedjieboer, Anton Goosen se regterhand (in sy eie woorde) & mede kitaarspeler, Ilimar Neitz stap saam met hom op die verhoog. Hul open hul program met ‘Hanoverstraat’ & ‘Kalbassies’. Anton vertel dat hy ‘Jantjie’ in 1976 geskryf het. Dit het later ‘n groot treffer vir Sonja Heroldt geword. ‘Silwer de Lange’, ‘Bly by my’ (sy toonsetting van ‘n Antjie Krog gedig), ‘Moya’ word gevolg deur stukkies uit ‘Pasgetroud’, ‘Stellenbosch se Nonnatjie’ & ‘Brief vir Simone’. Met elke liedjie lied, kry Illimar die geleentheid om sy soliede talent op die elektriese kitaar ten toon te stel. Anton vra die gehoor wat hulle graag sal wil hoor & daar word luidkeels verskeie versoeke genoem & aan gehoor gegee: ‘Boude’, ‘Kruidjie roer my nie’ (wat hy in 1979 geskryf het), ‘Boy van die Surburbs’, ‘Geelperskereën’ & ‘Klein bietjie wyn’. Anton bedank die Blou Hond span & die gehoor. Hy sluit die aand af met ‘n ‘medley’: ‘Blommetjie gedenk aan my’, ‘Byeboerwa’ & ‘Harlekyn’. Met laasgenoemde sing die gehoor uit volle bors saam. Volg gerus die sanger, musikante, sowel as die Blou Hond, Casa Toscana Lodge & LeSi restaurant op alle sosiale media platforms vir spesiale aanbiedinge & opkomende vertonings.
** Wyne: Leopard’s Leap Wine
** MC: Bibi
** Blog - Marné de Kock
** Photos - Ezetna Photography **
22 Augustus 2024




