WORLD-CLASS SHOWS AND ENTERTAINMENT

~ Prepare to be Entertained ~

  • Pietman Geldenhuys Jan 2023
  • Pietman Geldenhuys Jan 2023
  • Pietman Geldenhuys Jan 2023
  • Pietman Geldenhuys Jan 2023
  • Pietman Geldenhuys Jan 2023
  • Pietman Geldenhuys Jan 2023

Pietman Geldenhuys Jan 2023

Die Blou Hond vier 10 jaar!

 
Die Blou Hond vier vanaand dat hul reeds die afgelope 10 jaar Casa Toscana Lodge hul tuiste noem, dit is die eerste vertoning van 2023 & dit is ook Pietman Geldenhuys se 1ste vertoning vir 2023.
Dit is goed om weer terug te kan wees & weereens saam met ou vriende te kan kuier. Bibi is op haar pos met haar kwinkslae, afkondigings, ‘shooter specials’ & bederf ons dan ook, soos altyd, met haar sang: ‘What’s Up’, ‘Hemel op Tafelberg’ & ‘Dance Monkey’.
Almal ken vir Pietman as 1 van die aanbieders van die gewilde program ‘Oppiestoep’. Maar hy is ook bekend vir sy Skotse aksent (hy is in Skotland gebore) & sy pragtige weergawe van die land se volkslied ‘Flower of Scotland’. Hy het aanvanklik musiek bekendgestel onder die alias Peter Mitchell.
Die vertoning bestaan vanaand meestal uit staaltjies waarin Pietman verskillende bekende storievertellers asook Suid-Afrikaanse sangers namaak, net nog een van sy vele talente. Die musiek wat hy deel, sluit in ‘Loch Lomond’, ‘You & I’, ‘Aan jou lippe hang’ (sy eie komposisie wat ook deur Bok van Blerk opgeneem is) & sy eie unieke weergawe van ‘Loslappie’.
Die gehoor geniet Pietman se weergawe van ‘n Tolla van der Merwe storie (hy boots hom bykans perfek na), gevolg deur ‘n storie van nog ‘n gereelde gas op ‘Spies & Plessie’ & Stoepstories’, Arno van Zyl, wat ook Pietman se skoonpa is. Hy dra ‘Angels of Silence’ (van ‘Counting Crows’) op aan sy vrou.
Pietman bedank die klankingenieur Hans Scheepers, Elizma & Die Blou Hond span & vir Bibi. Hy bedank spesiaal die gehoor wat in sy eie woorde die eregaste is vanaand.
Ons sien uit na nog baie vertonings & kuiers hier by Die Blou Hond!
Volg gerus vir Pietman, Bibi, die Blou Hond, Casa Toscana Lodge, LeSi restaurant & Sensi Spa op alle sosiale media platforms om op hoogte te bly van opkomende aanbiedinge.

**Copyright - Marné de Kock **
** Photos - Ezetna Photography **