WORLD-CLASS SHOWS AND ENTERTAINMENT

~ Prepare to be Entertained ~

  • Droomsindroom Jan 2023
  • Droomsindroom Jan 2023
  • Droomsindroom Jan 2023
  • Droomsindroom Jan 2023
  • Droomsindroom Jan 2023
  • Droomsindroom Jan 2023
  • Droomsindroom Jan 2023
  • Droomsindroom Jan 2023

Droomsindroom Jan 2023

DroomSindroom ‘Die Kopskud Revolusie is hier!’

 
DroomSindroom ‘Die Kopskud Revolusie is hier!’ Die broers Kirsten & Kyle het as ‘Droom Sindroom’ die Afrikaanse musiek toneel soos ‘n ‘tsunami’ getref. Die energieke jong manne het baie jong aanhangers, wat my persoonlik baie optimisties laat voel oor die ondersteuning & voortbestaan van oorspronklike Afrikaanse musiek. Dit was voorwaar ‘n nuwe ervaring om te beleef hoe volwasse mense & tieners, almal bykans woord vir woord elke liedjie saamsing. Kyle speel dromme (soms sommer so staan staan) & ook die rooi ukulele, terwyl hy tydens ‘n paar liedjies tussen die tafels deur rondbeweeg. Kirsten gebruik ‘n groen eleketriese ‘Fender’ (wat Kyle vir hom as verjaarsdaggeskenk gekoop het) asook ‘n akoestiese kitaar. Met ‘Afrika Son’ sing & skree die jongelinge saam uit volle bors. Kirsten vertel dat hulle nie heeltemal geweet het wat om te verwag vanaand nie & sê dankie aan die gehoor. Met ‘Amen’ speel Kirsten ook op sy mondfluitjie & ek dink nie ek het al ooit soveel selfoon video opnames gesien in die gehoor nie! Hul nuutste enkelsnit word volgende Vrydag bekend gestel & Kirsten belowe om dit vanaand ook by die program in te sluit. Met ‘Watermelon Sugar’ stap albei broers gemaklik tussen die tafels deur & ‘high five’ ‘n paar mense so nou & dan. Voordat hulle ‘Bella’ sing, vertel Kirsten dat die liedjie amper nie op die album ingesluit is nie & nou is dit ‘n groot treffer vir hulle. Tydens die liedjie, verloor Kyle 1 van sy dromstokke. ‘n Gehoorlid tel dit op om vir hom terug te gee & met ‘n groot glimlag sê Kirsten vir die man dat hy dit maar mag hou as aandenking. In April sal dit ‘n jaar wees vandat hulle begin optree het & Kirsten bedank die klankspan & die venue vir die geleentheid. Met ‘Toe vind ek jou’ deel Kirsten dat hulle absoluut stomgeslaan is deur die gehoor se positiewe reaksie & dat hulle “nou bietjie ‘cooler’ is as gevolg van hul ‘fans’”. Met ‘Hey Sonneblom’ vertel Kirsten dat dit die liedjie was wat hulle “op die ‘map’ gesit het”. Mens kan verstaan waarom, met bykans almal wat gehoor gee aan Kirsten se versoek om hul selfoonliggies te laat skyn. ‘Kopskud Revolusie’ is net so gewild onder die gehoor & baie gaste is op hul voete. ‘Meer’ is deur Kirsten geskryf terwyl hy besig was om te studeer & soos ‘n verloorder gevoel het. Hy het besef dat hy meer vir wees, vir homself. “’Challenge jouself & moenie ‘worry’ oor ander mense & dinge nie.” Hulle sluit af met die splinternuwe ‘Ek ly aan (Droom Sindroom)’. Daar is talle mense wat dit saamsing, al is dit nog nie bekendgestel nie. Kirsten bedank weer die gehoor & sê dat hierdie aand vir hulle baie spesiaal was & altyd ‘n mooi herinnering vir hulle sal bly. Volg gerus die groep, Die Blou Hond, Casa Toscana Lodge, LeSi restaurant, Sensi Spa & die hoofborg Renault Roete 24 op alle sosiale media platforms. Moenie die opwindende vertonings wat voorlê vir 2023 mis nie.

**Copyright - Marné de Kock **
** Photos - Ezetna Photography **

27 January 2023