WORLD-CLASS SHOWS AND ENTERTAINMENT

~ Prepare to be Entertained ~

  • Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023
  • Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023
  • Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023
  • Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023
  • Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023
  • Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023
  • Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023

Neil Sandilands live with Albert Frost & Schalk Joubert - Feb 2023

‘Woorde & Akkoorde na die Noorde’ 2023 met Neil Sandilands featuring Albert Frost & Schalk Joubert

 
‘Woorde & Akkoorde na die Noorde’ 2023 met Neil Sandilands featuring Albert Frost & Schalk Joubert.
Dis so gepas dat hierdie toer vanaand afsluit hier by Die Blou Hond. Dis ‘n klein verhoog met groot talent wat hier saam optree: Albert Frost op elektriese kitaar & ‘backing vocals’, Schalk Joubert op baskitaar & ‘backing vocals’ & Neil Sandilands met ‘n indrukwekkende hoed met vere, op ukulele, akoestiese kitaar & natuurlik ‘vocals’. Die 3 word ondersteun deur Conrad Jamneck as klankingenieur. Die manne doen ‘n musikale intro & die hele program sluit oorspronklike musiek & lirieke uit Neil se eie pen,in. Na ‘McSandilands’, ‘Woenstynroos’ & ‘Frikkie’ stel Neil vir Albert Frost bekend wat dan ook ‘n meesterlike solo stukkie lewer. Neil sê dat hy probeer om nie te nostalgies te wees vanaand nie. Hierdie toer wat afsluit vanaand, is 1 van sy drome wat waar geword het & hy voel bevoorregd om dit te kan beleef saam met sy tydgenote, Albert, Schalk & Conrad. ‘Maanskyn’ word gevolg deur ‘Goue Graal’ wat baie van die gehoor luidkeels hul waardering laat hoor. Hy is ‘n selferkende swerwer & deel talle staaltjies & wyshede met die gehoor. Soos toe hy in Meksiko was & ‘n gesprek met ‘n tolk aanleiding gegee het tot die skryf van ‘Kommosêdiesê’, met treffende lirieke. Albert speel plek-plek sy baskitaar met ‘n viool strykerstol & Schalk, is soos altyd, solied op sy baskitaar. Neil vertel dat hy in 1998 met sy oupa se Datsun Stellenbosch toe gery het, (hy is gebore in Randfontein) & sonder enige planne ten opsigte van verblyf, beland hy ‘toevallig’ in dieselfde huis as Schalk Joubert & Albert Frost. Die 3 se musikaliteit saam, is bloot net uitmuntend. Die repertoire sluit in ‘Lammergeier’, ‘Lenny’, ‘Wals van die Dodery’, ‘Rooigrond’ (wat handel oor hoe ‘n mens protes in ‘n ander rigting kan gooi) & ‘Kopf@kmazurka’ (oor onder andere die absurditeit van die lewe asook sosiale & politieke kommentaar). Neil sê dat hy sy volgende lied ‘Huistoe’ opdra aan sy pa – wat ook vanaand in die gehoor is. Hy is aangedaan terwyl hy dit sê & sy pa verras hom deur net na die lied, hom te kom groet by die verhoog. Neil bedank Die Blou Hond & hul personeel vir die geleentheid & dan die gehoor dat hulle hier is vanaand vir die laaste vertoning van sy 1ste toer. Hy bedank ook vir Conrad, Albert & Schalk & hulle sluit af met ‘Stilte wat raas’. Na ‘n spontane, staande ovasie, sing hy ‘Uhuru’ wat volgens hom ‘n ‘lullaby’ is. My woorde kan nie reg laat geskied aan Neil se talent, denke, diepte of menswees nie. ‘n Bietjie eksentriek, ja. Hoogs intelligent, beslis. ‘n Internasionale akteur & swerwer met voete wat hom altyd sal laat terugkom na sy land, al is dit slegs vir kort periodes. Ons hoop om jou met die 2de toer te kan sien, Neil. Volg gerus die musikante, venue, Renault Roete 24 (wat ‘n getroue borg van Blou Hond vertonings is) op alle sosiale media platforms.

**Copyright - Marné de Kock **
** Photos - Ezetna Photography **

17 February 2023