WORLD-CLASS SHOWS AND ENTERTAINMENT

~ Prepare to be Entertained ~

  • Samantha Leonard Jan 2023
  • Samantha Leonard Jan 2023
  • Samantha Leonard Jan 2023
  • Samantha Leonard Jan 2023
  • Samantha Leonard Jan 2023
  • Samantha Leonard Jan 2023
  • Samantha Leonard Jan 2023

Samantha Leonard Jan 2023

Samantha Leonard - Wenner van Die Kontrak 2

 
Bibi bederf die gehoor vanaand met 2 oorspronklike Afrikaanse liedjies: ‘Kaalvoet oor die kole’ (wat sy self geskryf het) & ‘Dromers’ (geskryf deur Jak de Priester & spesiaal deur hom, vir haar gegee). Samantha Leonard is die wenner van die realiteitsprogram ‘Die Kontrak’ se 2de seisoen. Sy word vanaand ondersteun deur Hansie Roodt jnr op kitaar & ‘backing vocals’ asook Richardt Olivier op kajon. Dis haar 1ste optrede vir 2023 vertel sy. Die repertoire is ‘n goeie vertoning van haar sterk stem & sluit verskeie treffers in soos ‘Hello’ (van Adele), ‘I have nothing’ (Whitney Houston se treffer uit die film ‘The Bodyguard’) & Cher se ‘Believe’. Met ‘Bohemian Rhapsody’ nooi Samantha die betowerde gehoor om saam te sing. ‘The Climb’ vloei in ‘Rollin’ in the deep’ (van Adele) & sy dra ‘The winner takes it all’ spesiaal op aan Barry Pretorius van ‘Afrikaans is Groot’ faam. Sy vertel dat sy al ‘n lang pad stap in die musiek bedryf. ‘Hold my hand’, ‘My hele lyf’, ‘Lugballon’ word gevolg deur een van haar eie helde, Elandré se treffers ‘Tussen die lakens’. Met ‘Da vat hy’ stap sy gemaklik tussen die tafels deur. Net voordat sy ‘I drove all night’ sing bedank sy die gehoor, Hans wat die klank doen asook Die Blou Hond. Dan volg twee van die staatmaker trefferskrywer Johan Oberholzer se liedjies: ‘Jammer vir jou’ & ‘Gereed om weer seer te kry’. Sy sluit die aand af met ‘Like a prayer’ & ‘I wanna dance with somebody’ asook "Net een Keer" wat vrygestel is net na #dieKontrak2. Volg gerus ons borg Renault Roete 24, die musikante & sangers op alle sosiale media platforms. Teken in op Die Blou Hond se nuusbrief om op hoogte te bly van alle opkomende vertonings. Casa Toscana Lodge is die afgelope 10 jaar Die Blou Hond se tuiste & huisves ook LeSi restaurant met die ‘Singing Waiter Experience’.

**Copyright - Marné de Kock **
** Photos - Ezetna Photography **

28 January 2023