Karlien van Jaarsveld
Karlien van Jaarsveld
Die ‘vibe manager’ @Bibi handel al die afkondigings & verwelkomings af. Sy sing ‘Hemel op Tafelberg’, ‘Black Coffee’, ‘What’s up’ & tussendeur laat sy die gehoor skaterlag met haar vlmskerp humor. Die orkeslede – @Raziella Stroebel (viool & ‘backing vocals’), @Steven Swart (baskitaar), Curt Petrus (keyboard), Stephen Kosterman (akoestiese kitaar & ‘backing vocals’) & Marguerite Swart (dromme & ‘backing vocals’) - stap eerste op die verhoog & Raziella speel ‘n pragtige solo intro, voordat Karlien op die verhoog stap. Karlien deel hartsstories vanaand asook ‘n paar nuwe liedjies, wat insluit ‘Stiltes’, ‘Sing tot jy wakker raak’ & ‘Katrientjie Katryn’. Sy vertel van haar ontmoeting met Delarize, wie onlangs haar stryd teen kanker verloor het. Sy dra ‘As die gordyn val’ aan haar & haar familie op, terwyl elkeen in die gehoor ‘n klein kersie laat brand. ‘Lief’ is nie 1 van haar eie liedjies nie, maar is 1 waarvan sy baie hou. Sy sing dit as duet saam met kitaarspeler Stephen. Karlien vertel dat sy reeds die afgelope 8 jaar aan ‘n boek skryf. Sy lees ‘n paar gedeeltes daaruit voor & deel van haar gedagtes oor haar persoonlike verhouding met die Here, voordat sy verder sing. ‘Granaatboom’, ‘Forever young’, ‘Fontein op die Maan’ word gevolg deur ‘n pragtige weergawe van ‘Little Respect’. Dan nooi sy haar ma, Ronel Brink, om ‘Blou’ solo te sing. Die gehoor waardeer hierdie ongewone meevallertjie baie. Karlien bedank die gehoor, die klankingenieur & die Blou Hond span. Dan sluit sy die aand af met ‘Ses Snare’ & ‘Geskeurde Jeans’. Volg gerus die kunstenaars asook Die Blou Hond, Casa Toscana Lodge & Renault Menlyn op alle sosiale media platforms.
** MC: Bibi
** Blog - Marné de Kock
** Photos - Ezetna Photography **
12 Julie 2024








