Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr - Julie 2024
Steve Hofmeyr Julie 2024
Steve het reeds 2 aande uitverkoop in Julie. Die volgende een is 15 Augustus! Daar is net 1 Steve & jy gaan al die treffers hoor plus die geleentheid kry om vrae aan Steve te stel. Hy klim sommer vroeg in die vertoning van die verhoog af & stap tussen die gehoor deur. ‘n Groot audiovisule skerm agter hom wat deurentyd video’s & foto’s wys. Met ‘Romy’ gaan sit hy selfs by gaste aan tafel om ook ‘n stukkie van die musiekvideo te kyk. ‘Kyk hoe lyk ons nou’, Gé Korsten se ‘Liefling’ asook kort uittreksels uit die musiek van Roger Whitaker, BeeGees, Bob Seger, Elvis Presley & The Staccatos. ‘The Gambler’, ‘Amanda’, ‘Caught in a trap’, ‘n Neil Diamond medley en vele meer gaan weer gehoor word.
** MC: Bibi
** Blog - Marné de Kock
** Photos - Ezetna Photography **
24 Julie 2024







